BRONDOKUMENTE AKTIWITEIT 2.7
AKTIWITEIT 2.7
Ontleed die transaksies volgens die rekeningkundoge vergelyking:
NR.
|
BRONDOKUMENT
|
REKENING DT
|
REKENING KT
|
B
|
E
|
L
|
Andy Johnsson besit n dierehotel genaamd Fancy Friends. Hulle sien om na mense se troeteldiere terwyl hulle weg is op vakansie.
Transaksies vir September 2008:
1. Hy deponeer R20 000 in die onderneming se bankrekening om sy kapitaalbydrae te vermeerder.
2. Betaal The Animal Press Magazine vir ‘n advertensie, R250 per tjek.
3. Ontvang die volgende van Animal Ease en betaal daarvoor met n tjek:
3 dierebeddens teen R65 elk; 2tafels teen R112 elk; 10 leibande teen R33.50 elk; 2 hondehokke teen R345 elk.
4. Ontvang die volgende bedrae vir die versorging van diere:
8 honde teen R44 elk per dag vir 11 dae; 5 katte teen R35 elk per dag vir 7 dae.
5. Die eienaar onttrek kontant om die volgende te betaal:
R420 vir die werker wat help met die diere se versorging; R360 vir die eienaar se konsertkaarjies.
6. Delicious Pet Foods lewer die volgende af en die onderneming betaal daarvoor per tjek:
9 sakke hondepille teen R112 elk; 8 blikkies katkos teen R12.50 elk; 2 botteltjies dieremultivitamien-tablette teen R22 elk.
Comments
Post a Comment